Monday 16 April 2012

Gr 10 Plakkaat en Mondeling


In ’n groep van 2-3 lede moet julle ’n plakkaat oor die roman Bakgat, en wat dan van my ontwerp waar jy een van die volgende onderwerpe kies:


    Karakter Analise

  • Herrie Bierman
  • Loelien Vermaak
  • Herrie se Pa
  • Herrie se Ma

·         Kyk na hul karaktereienskappe, persoonlikheid en gee ’n aanhaling uit die boek om hul karaktereienskappe op te som.

    Verwysings na tienerwees en rebellie

Kyk na al die verwysings na tienerwees en rebellie in die verhaal.

Onthou die volgende vir jou plakkaat:
  • Gebruik kleur, prentjies, foto’s, uitknipsels, aanhalings, teks en suiwer goeie Afrikaans om jou plakkaat aan die lewe te bring.
  • Elke lid van die groep moet sy eie verduideliking hê oor die plakkaat, waar jy die plakkaat se simboliek verduidelik (80-100 woorde).
  • Die groep moet ook as geheel ’n mondelingse aanbieding oor die plakkaat aan die klas voorlê (2-3 minute).